Rip van Winkel
Lank gelede, in ’n dorpie aan die voet van die Catskill-gebergte in Amerika, het daar ’n man gewoon met die naam Rip van Winkel.
Rip het daarvan gehou om saam met sy hond, Wolfie, in die berge te gaan stap. Hy het daarvan gehou om die buitelug te verken en interessante nuwe diere en plante te ontdek. Elke liewe dag het hy, net soos die vorige dag, het hy sy vrou ‘n soen gegee, liefderyk oor sy kinders se koppe gestreel, sy wandelstok opgetel en saam met Wolfie die berge ingevaar.
Een aand, terwyl hy stap, hoor hy ’n stem wat roep:
“Rip van Winkel!”
Hy kyk rond, maar sien niks. Weer kom die stem:
“Hallo, Rip van Winkel!”
Dit het geklink asof die stem al hoe nader kom.
Rip kyk oral om hom rond, maar alwat hy sien is ’n ou kraai wat op ‘n tak in ’n boom sit.
“Dit moet my verbeelding wees wat my flous,” mompel hy vir homself, en hy fluit vir Wolfie om aan te stap.
Maar hy’t skaart begin stap, of hy hoor weer die stem wat sy naam roep.
“Rip van Winkel!”
Rip draai om, en dié keer sien hy ’n klein, koddige mannetjie wat na hom toe aangestap kom. Hy was baie kort en stewig gebou, met ‘n groot boskasie bruin hare en wilde wenkbroue soos sywurms bo sy oë, en ’n groot, digte baard. Op sy skouer dra hy ’n vaatjie.
“Goeiedag, vreemdeling,” sê die klein mannetjie. “Sal jy asseblief so gaaf wees om my te help om hierdie vaatjie te dra?”
Hy was dalk vreemd, maar hy het vriendelik en skadeloos genoeg gelyk, so Rip van Winkel het ingestem om te help. Hy dra die vaatjie hoog die berge in terwyl hy die vreemde mannetjie volg. Hulle stap en stap, hoër en hoër in die mistige berge in, dieper en dieper in die donker woud teen die berg in.
Uiteindelik kom hulle by ’n oopte tussen die bome. Daar staan ’n groepie klein mannetjies wat almal presies soos sy nuwe metgesel lyk. Hulle het ook lang, golwende baarde en was ewe vreemd aangetrek. Hulle was besig om kegelbal te speel. Tien kegels was op die gras opgestel, en hulle het ‘n bal daarna gerol om te sien wie die meeste kegels, op sommer almal, op een slag kon omrol.
Toe hulle Rip en die klein mannetjie sien, klap hulle hul hande van blydskap.
“Sit die vaatjie hier neer,” sê die klein mannetjie en wys na ’n boomstomp.
Rip sit die vaatjie versigtig op die grond neer, en die klein mannetjie stap nader en maak die vaatjie oop. Die ander juig van blydskap! Elkeen bring sy eie beker te voorskyn en skep dit vol uit die vaatjie uiit. Rip se hond, Wolfie, begin half onrustig raak en gee kort en senuweeagtige blaffies. Rip vryf Wolfie saggies oor die kop om hom gerus te stel.
Teen hierdie tyd was Rip baie nuuskierig. Wat was binne-in die vaatjie? Hy stap nader en buig vorentoe om te kyk.
Binne-in sien hy sien ’n vreemde, donker vloeistof.
Die klein mannetjie knipoog vir Rip en giggel saggies. Toe skep hy ’n beker vol uit die vaatjie en hou dit vir Rip.
Rip neem ’n teugie. En sluk!
“Heerlik!” roep hy uit. Die ander juig almal.
“Ek sal nog een neem, asseblief.”
Hy drink beker ná beker van die vreemde drankie. Ná ’n rukkie raak Rip baie .
“Ek gaan net ’n bietjie hier teen hierdie boom sit en rus,” sê hy, en hy sug soos hy teen die boomstam af gly, tot hy gemaklik sit. Hy roep vir Wolfie, wat naderdraf en met sy kop op Rip se skoot gaan lê. Rip se kop begin knik, sy oë knip, knip en gaan toe. Kort voor lank is Rip vas aan die slaap.
Toe Rip wakker word, sit die son al hoog in die lug.
“O, liewe aarde,” dink Rip by homself. “Ek moes die hele nag hier geslaap het! Wat gaan ek vir my vrou sê?”
Rip roep sy hond.
“Wolfie!” roep hy. “Wolfie! Kom hier, seun!”
Maar Wolfie kom nie.
“Hmmm, hy jaag seker ’n eekhoring of ‘n springhaas iets,” mompel Rip. “Wel, hy ken die pad huis toe.”
Rip van Winkel begin terugstap dorpie toe. Alles lyk effens anders, maar Rip dink dit is seker maar weer sy verbeelding wat besig is om hom te flous.
Toe hy die dorp binnekom, is hy verbaas om te sien die mense het klere aan wat vir hom baie vreemd lyk. Die mense wat hom sien wys met hulle vingers na hom toe, en fluister en giggel onder mekaar vir hom.
“Waarvoor lag hulle?” wonder hy, terwyl hy oor sy ken vryf. Skielik voel hy iets. Dit is ’n baard! Hy kyk af—en daar hang ’n lang, grys baard, amper tot by sy knieë! Hy het dit glad nie agtergekom nie.
Hy kyk af, sien sy klere is aan verslete en aan flarde. Hy gee ‘n groot hyg soos skrik! Hy kyk geskok rond. Selfs die geboue lyk anders. Party is in ander kleure geverf, party is weg, en daar het ook groot nuwe geboue verskyn.
Rip is heeltemal deurmekaar.
“Ek moet my vrou kry,” sê hy. “Sy sal seker kan verduidelik wat hier aangaan.”
Hy draai om en draf na sy huis toe, vasbeslote om die geheim uit te pluis. Maar toe hy op die plek kom waar sy huis vroeër gestaan het, hoor hy nie die gewone geluide van kinders wat speel of honde wat blaf nie.
Toe hy nog nader kom, kreun hy van die skok. Sy huis het inmekaar geval. Die dak het ingetuimel. Onkruid groei oral, en al die vensters is gebreek. Die deur hang uit sy skarniere. Selfs die groot, hoë skoorsteen het heeltemal verbrokkel.
Toe hoor Rip ’n blaf-geluid. ’n Hond loer skaam uit die bouval. Dit lyk ’n bietjie soos Wolfie, maar hy is maer en sy pels is vuil en gekoek. Hy grom vir Rip, asof hy hom glad nie herken nie.
Geskok en deurmekaar dwaal Rip terug dorp toe. Die dorpenaars sien hy lyk ontsteld en lag nie meer vir hom nie, maar kom staan rondom hom.
“Wie is jy, vreemdeling?” vra ’n man bekommerd.
“Ek bedoel niemand geen kwaad nie,” sê Rip.
“Hoekom is jy hier?” vra die man.
“Wel, dit is my huis. Ek het my hele lewe lank in hierdie dorp gewoon.”
“Is dit so?” sê die man agterdogtig. “Noem dan die mense wat hier woon.”
“Daar is my vriend Hank Archer, en ook John Fisher.”
“Hank Archer is al jare gelede oorlede,” sê die man, “en John Fisher het oorlog toe gegaan.”
Rip se mond hang oop. Wat kon gebeur het?
Toe sien hy ’n vrou wat vir hom bekend lyk.
“Hallo. Ek dink ek ken jou. Wat is jou pa se naam?”
“My pa se naam was Rip van Winkel.”
Rip snak na sy asem..
“En jou ma?”
“My ma het van ’n gebroke hart gesterf, nadat my pa twintig jaar gelede die huis verlaat het en nooit teruggekeer het nie.”
“Maar… ek ís Rip van Winkel,” sê Rip vir die vrou.
Die skare snak na hulle asem van verbasing. Stadig kom hulle nader en kyk stip na hom.
“Hy lyk soos Rip…”
“Hy klink soos Rip…”
“Hy praat die waarheid!”
“Dit ís Rip!” roep hulle. “Die man wat ons twintig jaar lank nie gesien het nie, het huis toe gekom!”
Daardie aand hou die mense van die dorp ’n groot fees om Rip van Winkel weer welkom te heet.A
Rip van Winkel, die man wat ‘n vreemde drankie by ‘n nog vreemder reisiger aanvaar het, en so twintig jaar lank geslaap het in die mistige woude van die geheimsinnige Catskill-berge.