Ikaros en Daidalos
Eens op ‘n tyd ’n man met die naam Daidalos. Slimmer as almal anders, sê hulle. Hy
was ‘n vakman. ‘n Bouer en maker en ‘n ware meester van sy kuns -party het selfs
beweer hy ken die geheime van die gode self. Hy was die grootste vakman van sy tyd.
Vir koning Minos van Kreta het hy ’n ongelooflike doolhof ontwerp -vol draaie en
gange wat nêrens heen lei nie. Só ingewikkeld dat niemand dit kon verlaat sonder ’n
towerleidraad nie.
Maar, soos baie konings, was Minos ’n wispelturige man. Onredelik, onvoorpselbaar
en soms vol vreemde geite. En ty,ZAzlvf no b,oe, eendag, word hy ongelooflik kwaad
Daidalos -niemand weet regtig waarom nie – maar hy was so kwaad dat hy hom
saam met sy jong seun, Ikaros, in ’n hoë toring toegesluit het.
Daar sit Daidalos toe in die toring en staar moedeloos na die vloer.
“Ek weet nie wat ek gedoen het om die koning kwaad te maak nie,” sê hy. “Maar
kwaad ís hy. En daar’s geen manier om van hierdie eiland af te kom nie. Sy soldate
hou wag by al die hawens, en hulle deursoek elke skip wat uitvaar.”
Ikaros het egter nie moed opgegee nie. Hy kyk deur die venster na buite, en staar na
die lug vol meeue wat dryf in die wind.
“Kyk, Pa!” roep hy. “Kyk hoe vlieg die meeu in die wind!”
Daidalos kyk op - en toe hy daardie vry voëls sien, glim daar ’n vonkeling van hoop en
inspirasie in sy oë.
“Ja,” sê hy stadig. “Die koning mag die land en die see beheer... maar die lug - die lug
behoort aan niemand nie!”
En so begin Daidalos planne maak.
Oor weke en maande versamel hulle enige vere wat in die toring beland het van voëls
wat verbyvlieg of daar kom sit om te rus - groot vere, klein vere, alle soorte, enige
grootte, enige kleur - enigiets wat hulle kon vind. Hy heg dit aanmekaar met gare, en
maak dit stewig aan mekaar vassit met was van die kerse wat hulle gehad het vir lig.
Sou bou hy twee stelle vlerke - een vir hom, en een vir sy seun.
Toe die dag van ontsnapping aanbreek, trek Daidalos die vlerke aan Ikaros vas. Hy
gaan op een knie voor sy seun en sê:
“Luister mooi, Ikaros. Jy moet die middelpad hou. Moenie te laag vlieg nie, naby die
wyn-donker see, want die golwe sal jou swaar maak. En moenie te hoog vlieg nie,
naby die son, want die hitte sal jou vlerke smelt. Bly tussenin, hou my in die oog, en
moenie na die sterre kyk nie.”
Sy hande bewe toe hy die laaste knoop vasmaak. Hy druk sy seun styf teen hom vas
en fluister: “Onthou wat ek gesê het, my kind.”
Toe klim hy op die vensterbank, kyk oor die see, en sê: “Volg my!”
Met ’n groot sprong verdwyn hy in die oop lug.
Ikaros huiwer, maar net vir ’n oomblik - en toe spring hy ook.
Onder hulle kyk die mense van Kreta in ongeloof op.
“Wat is dit daar bo?” vra een. “Is dit voëls?”
“Voëls? Nonsens! Dis te groot vir voëls!” sê ’n ander.
“Dis gode!” roep iemand. “Gode wat vlieg!”
In die begin van hulle vlug was Daidalos en Ikaros nogal effe bang. Die aarde was so
vêr onder hulle, die wind so wild. Maar toe die lug hulle optel en al hoe hoër dra, kom
daar ‘n uitbundige lag uit hul kele -‘n lag van vryheid, opwinding en absolute
verwondering.
“Kom nader aan my!” roep Daidalos. “Ons moet ver weg vlieg - ver van Kreta af, sodat
koning Minos ons nooit sal kry nie!”
Maar Ikaros was jonk, en sy hart was vol vreugde. Hy het gestyg en geduik soos ’n
swaeltjie, en sy lag het oor die see weerklink.
“Ek wens net vir een sterk wind, Pa -net een, wat my nog hoër kan lig!”
En daardie wind het gekom.
Soos ’n arend het dit hom opgelig - hoër en hoër, tot al hoe nader die warm arms van
die son.
Maar toe... die was wat die vere in plek gehou het, het begin smelt. Eers stadig, toe
vinniger. Die vere het losgeraak en begin val, lig soos sneeuvlokkies wat oor die see
neersak.
“Ikaros!” roep Daidalos, “Nie so hoog nie! Kom terug!”
Maar dit was te laat.
’n Enkele gil het oor die water geklink -en toe was daar stilte.
Daidalos draai om, soek, kyk orals, roep -maar sien net wit vere wat stadig oor die
golwe dryf. En toe weet hy: sy seun is weg.
Die eiland naaste aan die plek waar Ikaros geval het, noem hy Ikaria, ter ere van hom.
Daar bou hy ’n klein graf, en sit dae lank daar, alleen.
Later vlieg hy aan na die tempel van Apollo, hang sy vlerke op as ’n offer -en sweer
dat hy nooit weer sal vlieg nie.
En dit is waar ons die sêding vandaan kry: Hy het te naby aan die son gevlieg.