Luister, Lag en Leer! Groot Avonture vol Klein Lewenslesse!


Wil jy deel van hierdie episode wees?
Lees die storie hieronder. Wat beteken die storie vir jou? Watter lesse kan ons uit hierdie storie leer? Neem jou antwoord op met jou foon en stuur dit na sakvolstories@gmail.com. Jou antwoord kan tot een minuut lank wees. Ons sal die beste bydrae aan die einde van hierdie episode insluit!
’n Skrikbewind en ‘n Raaisel
Die mitologie is inderdaad vol vreemde en rare gediertes wat op ‘n verskeidenheid maniere die arme, sterflike mense opgekeil het. Die sfinks was geen uitsondering nie.
Deesdae roep die naam dalk beelde op van piramides en woestyne, maar die sfinks oor wie vandag se storie handel, kom reg uit ou Griekeland.
Hierdie dierasie het reisgiers se pad vesper en hulle ‘n raaisel laat antwoord om verby te gaan. Natuurlik kon absoluut niemand die raaisel antwoord nie, en die sfinks het ‘n permanente struikelblok geword. Iets om te vermy, iets om te vrees, iets om nooit, ooit, uit te daag nie.
Net Een Held
Met al die dorpenaars en reisigers wat hulle planne en roetes moes aanpas en met moeite alternatiewe manier kry om heen en weer te beweeg, het die sfinks ‘n instelling geword. Niemand het die dier se outoriteit durf bevraagteken nie, o nee. Dit sou ‘n baie vinnige manier gewees het om deel te word van die magdom resigers, krygers en avonturiers wat al hulle rieme styfgeloop het.
‘n Mens sou dink almal het geweet van hierdie onsmaaklike struikelblok en dit doelbewus vermy. Tog het dit gebeur dat die brawe jong Oedipus homself op ‘n dag voor die sfinks bevind.
Onbeantwoordbaar?
Die sfinks was gereed om nog ‘n slagoffer tot die rits voriges te voeg en het die vraag wat so baie nie kon beantwoord nie voor sy voete laat val.
Daar staan ons held, heeltemal oorbluf deur die raaisel. Maar toe kry hy ‘n idee...
Sal dit die einde wees van die sfinks, of net die einde van Oedipus?