Luister, Lag en Leer! Groot Avonture vol Klein Lewenslesse!


Wil jy deel van hierdie episode wees?
Lees die storie hieronder. Wat beteken die storie vir jou? Watter lesse kan ons uit hierdie storie leer? Neem jou antwoord op met jou foon en stuur dit na sakvolstories@gmail.com. Jou antwoord kan tot een minuut lank wees. Ons sal die beste bydrae aan die einde van hierdie episode insluit!
Die Man wat moes huishou
Eendag was daar ‘n boer met die naam Ignatius Stockenstroom en hy was ‘n regte ou suurknol. Hy het altyd fout gevind met alles wat wat sy vrou in en om die huis gedoen het. Een aand kom hy terug van die lande waar hulle besig was om hooi te sny en in bale te pak, en weereens het hy deur geknersde tande geraas en gemor oor alles wat volgens hom fout is, terwyl hy sy voete woedend stamp.
“My skat, moenie so kort van draad wees nie,” het sy vrou hom gepaai. “Daarsy, raak nou mooi rustig.”
“Wat van ‘n klein verandering. Ek sal môre uitgaan om die hooi te help sny en pak, dan bly jy by die huis en doen alles wat hier gedoen moet word.”
“My wêreld,!” het Ignatius geantwoord. “Dit klink vir my na ‘n bak plan!”
En so is sy die volgende oggend met die sekel oor haar skouer daar weg om saam met die ander werkers in die veld te gaan hooi sny. (‘n Sekel is skerp, krom lem aan ‘n paal vasgemaak waarmee ‘n mens lang gras sny – dis ook waar die woord “sekelmaan” vandaan kom – die maan lyk soos ‘n sekel)
Sy is daar weg en Ingatius het tuis gebly om die huis op te pas endie huiswerk te doen.
“Ek dink ek gaan eerste die botter karring!” het hy trots verklaar.
As ‘n mens room lank genoeg klits, word dit botter, en die proses word karring genoem – ‘n mens doen dit iets wat ook ‘n karring genoem word. Na hy ‘n ruk lank die botter gekarring het, was hy vreeslik moeg en warm.
“Ek’s dors,” het hy gedink. “Tyd vir iets om te drink!” en so is hy af na die kelder toe om ‘n vaatjie vol bier oop te maak.
Hy het skaars die kurk uit die vaatjie gehaal, toe hoor hy geluide van bo in die huis. Die vark het in die kombuis ingekom! Hy met die bierkraan nog in sy hand dadelik met die trappe opgehardloop – so vinnig as wat hy kon – om die vark weg te jaag voor dit die botter probeer eet. Maar toe hy bo kom sien hy die vark het reeds die karring omgestamp en staan daar in die middel van ‘n groot plas half-gekarringde botter wat net al hoe verder oor die vloer uitsprei. Hy was so woedend dat hy heeltemal van die vaajtie bier vergeet het.
“Jou simpel, nikswerd vark! Skoert hierso! Skoert!”
Hy het die vark al die pad uit die huis uit, deur die voortuin tot by die tuinhekkie en toe uitgejaag en diie hek hard agter die otterjasie toegeklap.
Toe eers besef hy dat hy nog steeds met die kraan vir die vaatjie in sy hand staan. Toe hy terug in die kelder kom, het elke liewe laaste druppel uit die vaatjie uitgeloop en die vloer vol gelê. Hy’t daaraan probeer proe, maar dit was walglik!
Ignatius besluit toe om in die melkkamer te gaan kyk of daar nog room is om te karring en gaan toe aan met die bottermakery. Na ‘n ruk besef hy dat hy skoon vergeet het om die koei uit die stal uit te laat en na die veld toe te vat om te wei. “Dis heeltemal te ver om haar nou al die pad weiveld toe te vat. Maar wag ‘n bietjie... Die huis se dak is van riete en daar is ‘n paar heerlike stukke gras wat daarop groei. Ek kan die koei op die dak laat wei!”
Ignatius en sy vrou se huis was teen teen ‘n steil bult, en hy het vir hoself gesê “As ek ‘n plank teen die dag staanmaak, sal die koei maklik op die dak kan klim!” So gesê, so gedaan, en daar’s die koei op die dak!
Maar hy wou nie die kans vat om die botter karring weer daar te los nie, want teen hierdie tyd was Ignatius en sy vrou se baba wakker en besig om op die vloer rond te kruip.
“As ek dit hier los, gaan die kind dit voorwaar omstamp!”
So tel hy toe die karring op sy rug en stap uit, maar toe tref dit hom: “Wag ‘n bietjie! Ek beter eers vir die koei water gee om te drink voor ek haar tot op die dak help.”
Hy tel ‘n emmer oop en stap tot by die put waar hulle water kry, maar net soos hy op die rand van die put gaan staan en vooroor buk, loop al die room uit die karring uit, teen sy skouers en lyf af en tot binne-in die put.
Dit was teen hierdie tyd al amper aandete en hy het nog nie eers botter gemaak nie, so toe besluit om solank die pap te begin kook.
Hy’t die pot vol water gemaak en oor die vuur gehang om te kook. Toe tref nog iets hom: “Hou net vas! Dei koei kan van die dak afval en dalk haar bene of haar nek breek!”
Toe klim hy op die dak om die koei mooi stewig te gaan vasmaak. Hy’t die een punt van ‘n tou om haar nek vasgemaak en die ander punt deur die skoorsteen in die huis in laat sak.Toe klim hy af, gaan in en bind die ander punt om sy eie been. Nou was dit tyd om gou te maak, want hy moes nog die meel vir pap fynmaal.
Ingatius het die meel met mening gestamp en gebreek, maar terwyl hy besig was, het die koei op die dak begin om te gly. Soos sy teen die dak afgly het die tou om haar nek deur die skoorsteen styfgetrek en vir Ignatius aan sy been by die skoorsteen opgetrek.
Daar hang Ignatius toe pens en pootjies onderstebo in die skoorsteen, met net sy kop wat uitsteek. En die arme koei? Sy’t halpfad teen die huis se muur af gehang en stadig heen en weer gewieg... Nêrens heen op pad nie.
Teen hierdie tyd het Ignatius se vrou, doodmoeg van werk in die hooivelde, gekyk na haar hoop varsgesnyde hooi en gewonder wanneer gaan Ignatius haar kom haal. Sy was verskriklik honger, maar hy het haar nog glad nie kom haal nie. Hoekom sou dit wees.
Uiteindelik het sy besluit sy het lank genoeg gewag en alleen huis toe gestap.
Maar toe sy daar aankom sien sy die arme koei wat soos ‘n halfmas vlaggie heen en weer teen die kant van die huis swaai. Sy’t nadergehardloop en haar sekel uitgehaal om die arme koei los te sny.
Maar soos sy die tou aan hierdie kant afsny om die goei te bevry, het Ignatius aan die binnekant teen die skoorsteen afgelgly.
So toe sy in die huis kom kry sy haar arme man kop eerste in ‘n pappot, omring deur ‘n vloer vol room.
En dit was die laaste keer wat Ignatius probeer huishou het.
Die Einde