Luister, Lag en Leer! Groot Avonture vol Klein Lewenslesse!


Wil jy deel van hierdie episode wees?
Lees die storie hieronder. Wat beteken die storie vir jou? Watter lesse kan ons uit hierdie storie leer? Neem jou antwoord op met jou foon en stuur dit na sakvolstories@gmail.com. Jou antwoord kan tot een minuut lank wees. Ons sal die beste bydrae aan die einde van hierdie episode insluit!
Die Chimera
Baie lank gelede, in ou antieke Griekeland
Het daar vir jou ‘n rare gedierte beland
Die monster se naam was die Chimera
En niemand, maar niemand, waag dit ooit naby haar
Is dit ooit ‘n haar? Of ‘n hulle? Of sy?
Dis moeilik om ‘n houvas op die identiteit te kry
Die skrikwekkendste deel van die aaklige dier
Was beslis die drie koppe wat die lyf moes bestuur
Links is daar die kop van ‘n bok,
Kompleet met horings en bokbaardjie ook
Regs is waar dit erg vreesjaend begin raak
Met vlammende oë en die kop van ‘n draak!
Die kop in die middel was ‘n wrede gesig
‘n leeu met skerp tande – dis wat dit is!
Die lyf het ook soos ‘n leeu s’n gelyk,
As jy die groot leeragtige vlerke miskyk,
Maar dis nie die einnde hang maar net aan,
Want die Chimera se stert is die lyf van ‘n slang!
‘n Leeu en ‘n draak en ‘n bok al drie saam,
‘n leeulyf met vlerke en slangstert, dis hoe die monster bestaan
Almal het ver, ver weg van die grot af gebly,
Die een waar jy die kreatuur sou kon kry.
Oor die tekort aan teenstand was die chimera erg spyt,,
Geen soldate om te verslaan, geen helde om te byt!
Al wat die Chimera kon doen was wag, wag en wag,
En so groei die hongerte ook dag na dag,
Met ‘n maag wat so leeg is dit begin al te grom
“Ons moet regtig iets eet” het die leeukop gekbrom
“Presies!” se draakkop, “die hongerte knaag,
Ons is dalk drie koppe, maar ons deel net een maag.”
“Nou, kom,” sê die bok, “Ons gaan jag dan maar saam,”
En met ‘n brul en ‘n blaas het die ander beaam.
Die chimera was skaars uit by die grot se groot deur
Toe gee die leeukop ‘n brul wat die stilte verskeur
Die draak blaas ‘n vlam en die bok gee ‘n blêr
“Dis tyd om te eet!” hoor jy hulle van ver
Die leeu ruik die lug en sê “Kom ons soek vleis.
‘n Koedoe of Springbok is die heel eerste prys!”
“’Hoesê?” vra die bok, “Daardie plan maak my naar!
Kom ons kry vir ons gras en ‘n lekker groen blaar.”
“Ag nee, man, hoe walglik!” sê die draak en trek skoon skeel,
“Ek soek ‘n vars verskroeide ridder wie se sokkies nog smeuel”
Dis bros en krakerig, met ‘n heerlike smaak
En sal ons lekker provpol voedingstowwe maak!”
“Verskoon my,” kom dit van die slang by die stert
“Is my opinie dalk ook ietsie werd?”
“Nee!” sê die leeu en die bok en die draak
“Jy’s net die stert, so jou stem maak nie saak!”
“Ons is beter as jy” sê die leeu sommer vies,
“En almal weet ek’s die een wat moet kies.”
“As leeu is ek koning van gans al die diere
en almal moet saamstem met al my maniere.”
“Hah!” sê die draak met ‘n stoom en ‘n blaas
“Dis so duidelik soos daglig: EK is die baas.”
“My asem is vuur, ek messe vir tande!
As mense hol weg en huil in hul hande.
“Ag, toenou!” sê die bok, met sy stem al meer grof
“Almal weet tog ek is taai en ek’s rof!”
Hy dreig en lig sy horings hoog op,
Laat sak hul en stamp die ou leeu teen die kop!
“Hoe durf jy ons aanval” vra die draak kwaai en verbaas,
met ‘n groot bol vuur wat by sy mond uit blaas.
Die vlam tref die leeu en sy maanhare skroei
Hy brul van die pyn soos sy snorbaarde gloei.
Hy skud dood die vlamme en gee ‘n groot hap
En dis teen die draak kop wat sy slagtande kap
Die draak het geblaas en was dadelik reg
Om met die twee ander koppe te veg
Dit was ‘n nare gesig soos die koppe baklei,
Dis horings, en tande en vlamme daarby!
Maar die chimera raak moeg en begin smag na rus
Selfs die draak-kop se vlam was ten volle geblus,
Die bok gee ‘n blêr en die leeu nog ‘n kreun,
En doodmoeg sak die chimera ineen.
Die stryd was verby, want daar was geen tyd vir praat,
Want die chimera was nou aan die lot oorgelaat.
Van kibbel en twis en raas en baklei
Het net ‘n dolleeë maag oorgebly!