Luister, Lag en Leer! Groot Avonture vol Klein Lewenslese!

Binnekort beskikbaar op 22 Augustus 2025
DIE BEBAARDE DWAAS

Wil jy deel van hierdie episode wees?
Lees die storie hieronder. Wat beteken die storie vir jou? Watter lesse kan ons uit hierdie storie leer? Neem jou antwoord op met jou foon en stuur dit na sakvolstories@gmail.com. Jou antwoord kan tot een minuut lank wees. Ons sal die beste bydrae aan die einde van hierdie episode insluit!
Eendag was daar ‘n man met ‘n buitengewoon lang baard. Dit was so lank dat dit al die pad tot verby sy middel gehang het. Hy was baie trots op sy baard. Hy het dit elke dag gewas, afgedroog en versigtig uitgekam. Hy het altyd sy baard in tip-tip kondisie gehou.
“My lang baard laat my so gesofistikeerd en intelligent lyk... Soos ‘n professor. Of ‘n wyse ou man” het hy by homself gedink, terwyl hy na die indrukwekkende boskasie op sy gesig in die spieël staar.
Een aan sit die man in sy huis se studeerkamer en lees ‘n boek by kerslig. Hy het heerlik in sy groot, gemaklike leer elunstoel gesit met ‘n kat wat by sy voete teen die kaggel lê en slaap. Die kamer was van dak tot vloefr vol rakke, en op al die rakke wat die slimste en belangrikste boeke wat die wêreld nog ooit van gehoor het.
Hy was besig om boek oor wyshede en gesegdes deur die eeue te geniet, tot hy op die volgende sin afgekom het: “Enige man met ‘n lang baard is ‘n dwaas.”
“Wat?” het hy gedink. “Dit kan tog nie waar wees nie. Ek moes verkeerd gelees het!”
Hy’t sy leesbril uitgehaal en dit op die punt van sy neus balanseer – nog iets, so terloops, wat hy gedink het hom meer intelligent laat lyk het. Toe lees hy die sin nog ‘n keer, baie versigtig.
“Enige man met ‘n lang baard is ‘n dwaas.”
Die man was totaal en al verbyster. “Ek het altyd gedog ‘n baard is ‘n teken van intelligensie. Ek dog my baard laat my akademies en wys voorkom!” het hy gesnik. “Ek het ‘n afgryslike fout gemaak. Ek was al die tyd onder di indruk dat almal my bewonder, maqr hulle dink nog al die tyd ek is ‘n dwaas!”
Hoe meer en meer en meer hy daaroor gedink het, hoe meer teneergedruk het die man geword. “O nee. Ek kan dit nie bekostig om ‘n kans te vat nie. Sê nou net dit wat in die boek geskryf is is waar!”
Hy was so diep teleergesteld en baie verleë dat hy besluit het om dadelik van sy lang baard ontslae te raak. “Dit is hoe ek my waardigheid gaan terugkry1” het hy geroep, en hoog en laag begin soek na ‘n skêr.
Eers het hy in die kombuis gesoek – “Ek weet ek het dit hier iewers gelos!”
Toe keer hy die hele badkamer om in sy soektog: “Skêr! Skêr! Waar op dees aarde is jy tog!?”
Toe het sy studeerkamer deurgeloop. -“AAAAAHHH!”
Maar het hy die skêr gekry? O nee.
Maar hy het ‘n ander plan gehad.
“Daar moet ‘n skeermes hier iewers wees!” het hy geroep en teruggeduik in die chaotiese badkamer. Weereens het hy oraloor gesoek en weereens... niks gekry nie.
Die man het sy kop gekrap. “Maar natuurlik het ek nie ‘n skeermes nie! Ek het dekades laas geskeer!”
Hy’t het dit oorweeg, en selfs probeer, om sy baard met sy hande uit te trek, maar dit sou tog nooit werk nie.
Toe sien hy die kat wat by die vuur lzê en slaap en kry ‘n idee. Hy het ‘n stuk tou gekry en die een punt aan sy baard vasgemaak en die ander punt aan die kat se stert. Toe huil hy kliphard, soos ‘n honger wolf! “Hooooooooo-hooooooo!” Die kat ek van skrik opgevlieg en weggehardloop. Die tou het styfgetrek, maar nie die baar uitgetrek OF gebreek nie, en daar word die man toe dwarsdeur sy huis aan sy baard deur die histeriese kat rondgesleep. Genadiglik het die punt wat aan die kat se stert vas was losgetrek en kon die gedierte deur die venster ontsnap, met die ou man alleen op die vloer agtergelaat. Terwyl hy nog snak na sy asem, staar die man na die flikkerende kersvlam voor hom en kry nog ‘n idee:
“Ek het dit!” Het hy gebulder. “Natuurlik! Hoekom het ek nie vroeër daaraan gedink nie!” het hy geroep en sy baard gegryp en die punt van die vervloekte haredos oor die vlam gehou. Dit het dadelik vlamgevat, maar die vlam het ook al met sy lang baard opgeskiet- baie vinniger was wat hy verwag het. Binne ‘n oogwink was al die hare van sy baard aand die brand en het hy gevoel hoe sy wange skroei terwyl sy snor ook in vlamme opgaan. ‘n Paar vonke het tot op sy wenkbrou geskiet en selfs tot bo-op sy kop en kort voor lank was sy hele kop aan die brand!
"Aaaaiiiieeeee!" het hy gegil. “My kop!! My hare! HEEEELP!”
Gelukkig was die vuur binne ‘n oogwink weg, want al die hare was tot as verbrand en weg. Sy bure, wat hom gehoor gil het, het met emmers water aangehardloop gekom om te kom help, want sy gille kon ‘n mens myle ver hoor.
Hulle het op hm afgekom waar hy verbaas en verdwaas gesit het, sy gesig al smeulend met ‘n wolkie rook wat om sy kop draai.
“Hoe het dit gebeur?” het julle gevra terwyl hulle die water oor hom uitgooi.
“Ek het in ‘n boek geloos ‘n man met ‘n lang baard is ‘n dwaas”, het die man hartseer gesê. “En dit wil vir my lyk ek het het bewys dat dit heeltemal waar is.”.