top of page

Welkom by 'n Sak Vol Stories 

👨‍👩‍👧‍👦 Avonture vir die Hele Gesin: Luister na prettige stories propvol goeie lesse. Ons vertel feëverhale, mites, legendes, en splinternuwe avonture!

👍 Sonder Skerms: Perfek vir in die kar, of wanneer dit tyd is om die skerms ‘n ruskans te gee

Nuwe Stories Weekliks: Daar is altyd iets nuuts om jou verbeelding aan die gang te kry!

Wil jy deel van 'n episode wees?

Lees van ons stories in die skakels hieronder. Vertel ons wat die storie vir jou beteken?  Watter lesse kan ons uit die storie leer? Neem jou antwoord op met jou foon en stuur dit na sakvolstories@gmail.com. Jou antwoord kan tot een minuut lank wees. Ons sal die beste bydrae aan die einde van elke episode insluit!

‘n Moeë reisiger daag in ‘n klein dorpie vol agterdogtige mense op. Hy vra almal om net ‘n klein deeltjie by te dra en leer hulle die geheim van samewerking tydens moeilike tye met sy unieke “Klipsop”.

Klipsop

Luister Nou!

Waneer ‘n arm boer by die Koning grootpraat oor sy dogter wat kwansuis strooi in goud kan spin, gooi hy haar in ‘n kamer vol strooi om haar te dwing om dit te bewys. ‘n klein, geheimsinnige mannetjie help haar in ruil vir geskenke, maar die grootste beloning is een te veel, behalwe as die meisie sy naam kan raai: ‘Repelsteeltjie’

Repelsteeltjie

‘n Slim en wyse man kom op iets af wat hom skielik laat wonder oor iets wat hom nog altyd baie spesiaal laat voel.

Die Bebaarde Dwaas

Luister Nou!

‘n Slim en wyse man kom op iets af wat hom skielik laat wonder oor iets wat hom nog altyd baie spesiaal laat voel.

As ‘n gemmerbroodman skielik ‘n wil van sy eie kry, veroorsaak dit sommer ‘n groot konsternasie.

Die Gemmerbroodman

Luister Nou!

As ‘n gemmerbroodman skielik ‘n wil van sy eie kry, veroorsaak dit sommer ‘n groot konsternasie.

‘n Visserman probeer sy lewe uit die see maak, maar op ‘n dag vang hy iets wat veel meer werd is as net ‘n vis.

Die Visserman en die Bottel

Luister Nou!

‘n Visserman probeer sy lewe uit die see maak, maar op ‘n dag vang hy iets wat veel meer werd is as net ‘n vis.

As iemand se liefde vir bak die feetjies honger maak, neem dinge ‘n snaakse wending.

Die Vrou Wat Die Feetjies Geflous het

Luister Nou!

As iemand se liefde vir bak die feetjies honger maak, neem dinge ‘n snaakse wending.

  Wanneer 'n nors man - wat altyd iets te sê het oor hoe sy vrou dinge doen - die kans kry om self huis te hou, verloop dinge glad nie so vlot soos hy sou hoop nie.

Die Man Wat Moes Huishou

Luister Nou!

Wanneer 'n nors man - wat altyd iets te sê het oor hoe sy vrou dinge doen - die kans kry om self huis te hou, verloop dinge glad nie so vlot soos hy sou hoop nie.

'n Jong man wat meer liefde as talent het wanneer dit by sing kom, kry 'n wonderlike kitaar wat van hom 'n meesterlike musikant maak. Maar dan maak hy een groot fout..

Die Goue Kitaar

'n Koning wat in absoluut alle opsigte die heel beste in die wêreld wil wees, kry 'n plan wat niemand anders nog ooit gehad het nie. En dalk met baie goeie rede.

Die Koning Wat Aan die Maan Wou Vat

Luister Nou!

'n Koning wat in absoluut alle opsigte die heel beste in die wêreld wil wees, kry 'n plan wat niemand anders nog ooit gehad het nie. En dalk met baie goeie rede.

'n Jong handlanger word deur sy towenaar-leermeester alleen by die huis gelos. Gaan hy homself kan inhou, of gaan dinge dalk lelik skeefloop?

Die Towenaar se Handlanger

Luister Nou!

'n Jong handlanger word deur sy towenaar-leermeester alleen by die huis gelos. Gaan hy homself kan inhou, of gaan dinge dalk lelik skeefloop?

Anansi, die spinnekop, is ‘n figuur uit die mitologie en tradisies van Wes-Afrika en die Karibiese eilande, maar in vandag se storie ontmoet hom ons as ‘n ambisieuse en buitengewone spinnekop, met nog meer buitengewone planne.

Anansi Bring Wysheid na die Wêreld

Luister Nou!

Anansi, die spinnekop, is ‘n figuur uit die mitologie en tradisies van Wes-Afrika en die Karibiese eilande, maar in vandag se storie ontmoet hom ons as ‘n ambisieuse en buitengewone spinnekop, met nog meer buitengewone planne.

Die Chimera is ‘n skrikwekkende dierasie met drie verskillende koppe en ‘n lyf wat iets tussen ‘n leeu, vlermuis en slang is.

Die Chimera

 Vir so lank as wat almal kon onthou steek ‘n pragtige, blink swaard in die klip. Niemand kon dit ooit verwyder nie. Tot op ‘n dag...

Die Swaard in die Klip

Luister Nou!

Vir so lank as wat almal kon onthou steek ‘n pragtige, blink swaard in die klip. Niemand kon dit ooit verwyder nie. Tot op ‘n dag...

Muishert is dalk ‘n klein diertjie, maar dit beteken nie hy kan nie groot planne maak nie. Veral nie wanneer die slinkse tier die dag op sy spoor is nie.

Muishert en Tier

Medusa is moeg vir alleen wees, maar gaan sy ooit ware liefde kan vind? Met die hulp van haar kristalbal is daar dalk net ‘n kans!

Die Toe-oë Afspraak

Luister Nou!

Medusa is moeg vir alleen wees, maar gaan sy ooit ware liefde kan vind? Met die hulp van haar kristalbal is daar dalk net ‘n kans!

Die wrede sfinks het niks of niemand laat verby kom nie. Almal wat wou, moes eers ‘n raaisel beantwoord, en niemand kon nie.

Die Sfinks

Inchy Bo is klein van statuur. Regtig báie klein. Maar dit beteken nie hy het nie drome om ‘n groot en magtige samoerai te word nie. As hy net kan kon kry om homself te bewys...

Inchy Bo

Icarus en Daedalus

Beskikbaar op 22 November 2025

Die Trojaanse Perd

Beskikbaar op 29 November 2025

Die Slag van Thermopylae

Beskikbaar op 06 Desember 2025

bottom of page